Wednesday, July 9, 2014

Net 'n gedagte

Daar is 'n saying wat sê dat as iemand gewoonlik dink ander mense lieg, dan is hulle self 'n leunaar. Of as jy dink ander mense steel, dan steel jy self.
Dis vir my 'n weird conclusion om te trek?
Ek vat myself as 'n example. Ek dink konstant dat mense my haat en agter my rug skinder, maar ek haat nie ander mense nie en ek probeer skinder tot 'n absolute minimum hou, want dit verveel my. Ek stel nie belang in ander mense se lewens as ek hulle nie ken nie, plus dis onregverdig om saam te judge oor iemand wat jy nognooit self ontmoet het nie want jy het net die 3e party se opinie. En soos almal baie goed weet - daar is altyd twee en soms drie kante tot elke storie...


Thursday, June 26, 2014

Alweer..

Okay, so gister was fine en vanoggend was fine, en toe gebeur daar iets wat my laat dink het ek het 'n fout gemaak, maar toe draai dit uit ek het nie - en toe skop die paranoia weer in.
Nou is ek vasbeslote niemand by die werk hou eintlik van my nie en dat hulle agter my rug praat en dat die base planne maak om ontslae te raak van my.. Maar tog maak dit ook nie sin vir my nie, ek wil dit nie glo nie want almal is soooo super awesome. Ek weet die paranoia gaan weer oorwaai, maar damnit man... dit suck..

Tuesday, June 24, 2014

Voel normaal vandag...

Daar is party dae wat ek so normaal voel , niks worries, niks paranoia ens.
Ek wens dit kan altyd so wees... ek probeer uitfigure wat die verskil is tussen dae wat ek fantasties voel en dae waar die paranoia vreeslik erg is. As ek 'n "trigger" kan identifiseer sal dit awesome wees, dan kan ek actually self iets daaromtrent doen?

Ek weet daar is mense wat my nie glo oor my mental situasie nie, maar op dae soos vandag gee ek net nie 'n hel om nie, EK weet wie en wat ek is en fuck the rest. Nou wens ek ek kan altyd so wees.
'n Goeie quote wat ek gelees het kom by my op : "Worry less about your reputation and more about your character, because your reputation is who other people think you are and your character is who you really are" Ek is nou net nie seker wie dit gesê het nie. Ek dink op my "af" dae moet ek dit net oor en oor vir myself sê.

Thursday, June 19, 2014

Paranoia go away, don't come back another day..

Ai, ek is regtig moeg hiervoor.
En ek weet al wat ek moet doen is om 'n psychologist te gaan sien, maar dis te vrek duur. Kannie nou bekostig nie, so ek worstel met myself.
Gelukkig is daar baie online support en forums en my man is amazing met my. Dis darm een persoon wat werklik verstaan, al frustreer ek hom ook partykeer met al die onnodige kak.


Wanneer mens kak voel

Ek voel vanaand ongelooflik paranoid..

Ek is so bang mense dink ek is 'n manipulerende klein bliksimpie en dat hulle beplan om my met my eie game te beat en sulke goed. Selfs soos wat ek hierdie skryf, is ek bang iemand kom daarop af en dink dis maar net nog 'n manipulasie van my deur te skryf oor hoe bang ek daaroor is ens ens, kringloop..

Ek wil gedagtes neerskryf soos dit by my opkom, so hierdie post gaan dalk baie rondspring..

Ek is bang een van my kollegas is kwaad vir my oor iets wat sy by iemand gehoor het oor iets wat ek oor haar gese het, maar die ding is ek het NOG NOOIT iets slegs van haar spesifiek gese nie, en die met wie ek wel 'n probleem het, sou ek ook nooit op die naam noem nie, want dis net plein disrespekvol? En wat het dit tog met ander mense te doen? Hier op die blog voel ek meer vry om te se presies wat ek dink, maar ek weet niemand lees dit nie, so dis maar pretty much my diary..
Ek het vroeer vir haar gevra om asseblief vir my te se as sy 'n probleem met my het, maar sy't net gese nee sy het nie. Maar dit voel vir my asof sy boodskappe vir my wil stuur deur die goed wat sy op Facebook eweskielik share (ja, ja ek weet dis dalk kinderagtig, maar ek kannie help hoe ek voel nie). Goed soos 'n Meme wat gaan oor hoe jy lyk as iemand lieg in jou gesig maar jy weet die waarheid, en mense wat gewoonlik worry oor wat ander mense dink is die mees ongelukkigste en 'n oop status update wat so iets gaan : As ek en jy beef met mekaar het, kom praat met my maar moenie met ander daaroor praat nie. So iets, ek't nou nie 100% aangehaal nie.
En dis weird want sy weet die goed raak my, en die tye wat dit gepost word is tye wanneer sy defnitief sou weet ek is online.. arrrr ek haat hierdie situasie, want ek weet nie of dit so is en of dit alles in my kop is nie.
Ek kannie dink wat ek moontlik kon verkeerd doen nie? Ek het nognooit vir enige iemand oor haar frustrasies met die base vertel nie, want sy't my gevra om niks te se nie. so dit kannie dit wees nie. Gewoonlik as iemand sleg praat van haar, dan probeer ek vir haar opkom (soos ek vir enige iemand vir wie ek omgee sal probeer opkom as hulle dit nie verdien nie, dit geld vir meeste van my kollegas!). So dit kan ook nie dit wees nie.
Ek het niks vir die nuwe meisie gese van hoe hulle gekla het dat sy nie haar werk doen nie. So dit kan ook nie dit wees nie. Nou WAT? Want iets is defnitief af. Sy kannie sommer haar gevoelens goed wegsteek nie, en haar attitude teenoor my het regtig kouer geraak vandat ek hierdie posts begin sien het.. Baie weird, en ek wens iemand wil net vir my se..

Ek is bang mense dink ek lieg en bedrieg en besteel mense. Maar ek probeer regtig so eerlik as moontlik lewe, en as ek vir jou jok is dit om jou te beskerm of om myself te beskerm teen judgement. En as ek iets regtig ergs verkeerd gedoen het , en jy konfronteer my, sal die waarheid altyd uitkom, om te ewe van hoe bang ek vir judgement is want dan sal my gewete my net opvreet en dis erger, dink net hoe erg gaan dit wees as my gewete my selfs nou pla waar ek nie eers weet wat ek gedoen het nie?

Ek is bang mense dink ek wil al die power he by die werk, en dat ek almal wil uitwerk daar.
DIT IS GLAD NIE SO NIE? Die vir wie ek al oopgemaak het en gereelde conversations mee het, is ek SO mal oor, hulle voel al amper soos famielie (is dit creepy?). Ek kannie vir beter werksomtandighede gevra het nie. Almal is genuinely nice mense self die manne met die attitude..

Ek is bang mense hoor rumours oor my wat nie waar is nie en bespreek dit dan onder hulle self, glo summier die rumours selfs al ken hulle my goed, en dink ek is 'n slegte mens. Dit voel gereeld vir my asof mense stil raak wanneer ek in die omtrek is.

Al hierdie goed kan tog nie alles in my verbeelding wees nie?
Ek hoop dit is.. En ek wens ek kan net ophou worry. Ek wens my Ego was nie so groot dat ek dink alles gaan oor my nie.
Miskien is die beste om maar net van nou af my bek te hou. Speak when spoken to and only say the necessary. No more, no less. Ek weetie... :(

Tuesday, May 13, 2014

Universe

Okay Universe, jy't gesê ek moet goed neerskryf, so here goes:

Eerstens, baie baie dankie dat jy altyd luister . . .
Toe ek met jou gepraat het oor my paranoia en hoe ek wens ek was normaal, laat jy my net 1 nagrus wag om 'n post te sien op facebook van iemand wie se goed omtrent nooit op my newsfeed verskein nie, wat gaan oor introverte en toe besef ek dat ek wel normaal is en dat daar ander soos ek moet wees as daar dan 'n hele artikel daaroor is. Ek is skoon huilerig so verlig is ek. So thanks daarvoor.

Ek is omring deur 'n klomp ekstroverte. Omtrent almal in my lewe is. Hulle verstaan my nie, en al doen hulle dit nie aspris nie, is hulle deel van die rede hoekom ek soos 'n freak voel en skuldig voel oor my persoonlikheid en wie en wat ek is. My volgende wens is dat hulle almal daai artikel kan lees en net kan verstaan dat daar niks fout is met hoe ek die lewe aanpak nie. Dit is dalk anders as hulle manier, maar albei maniere het dieselfde doel. So wat maak dit nou eintlik saak?
Jy dink miskien dat ek nie my man se gigs bywoon nie omdat ek jaloers is op die nuwe vroulike bass speler (en sy is pragtig), waar dit ABSOLUUT niks daarmee te doen het nie? WTF. Ek hou net nie van so baie commotion, geraas en mense om my nie.
Jy dink miskien dat ek nie van jou hou nie omdat ek nie alles oor jou ma, pa, boetie, sussie, ouma, tannie se niggie of skoonboet wil hoor nie, maar eintlik is ek net nie 'n fan van al die gepratery in general nie en jy moet besef dat jy die ekstrovert is en dat jy besig is om al die energie uit my uit te suig. 
Jy dink miskien ek is so sad en alleen en dat my wereld suck omdat ek verkies om nie my verjaarsdag te vier met 'n moerse party en aankondiging aan die wereld nie, maar eintlik is ek gelukkiger as ooit op my verjaarsdag wanneer ek dit rustig kan celebrate op my eie met slegs my heel naastes by my. Ek haat inelkgeval al die aandag - almal wil met jou praat en fake smiles gee omdat dit jou verjaarsdag is. Hoekom?

En so kan ek aangaan.
So thank you so much Universe, for understanding me and helping me cope.

Wednesday, April 9, 2014

Ek is fake & selfsugtig.

Sommer net iets wat ek in die oopte wil hê sonder om te veel drama daaroor te maak (soos om bv 'n aandagsoekende post op Facebook te sit), so toe kies ek die blog as platvorm. As jy 'n leser is en nie hiervan hou nie, wel, gaan dan weg en los my om te skryf wat ek wil.

Okay, so hier is die issue:
Ek is super fake. En vanselfsprekend sal mense wat dit agterkom dink dat dit met "evil intentions" is, en in my geval (ja, ek weet almal dink hulle geval is anders, maar hoor my net) is dit miskien 'n bietjie "evil" in die sense dat ek fake is omdat ek selfsugtig is en worry oor wat mense van MY gaan dink, maar ek is defnitief nie fake met jou omdat ek iets by jou wil hê nie. Maar, ek verstaan dat mense dit dalk so kan opneem, want daar is baie mense wat fake is omdat hulle iets by ander wil hê. Maar, hel man, dit laat my nogsteeds sleg voel as mense so oor my dink.
Ek moet wel sê dat ek ook 'n punt het waar ek iemand so despise dat ek nie eers fake nice met hulle kan wees nie. Okay, nog net een persoon het my al so laat voel en dis die vroumens in ons komplex wat nie my man wil uitlos nie. Nou vir haar het ek nie eers 'n ou fake smile om te gee nie. Sy weet goed om uit my pad uit te bly. Maar, byvoorbeeld, soos van die agente by my werk - vir hulle raak ek soms so kwaad en ek vloek en skel hulle in my gedagtes, maar tog probeer ek altyd smile, nice wees, vra hoe dit gaan en vir hulle sê dat ek genoeg tyd het om hulle te help met hulle werk. Wat ek sê en wat ek regtig bedoel is nie altyd dieselfde nie. So dit is fake van my want ek smile mooi vir hulle, maar kla daaroor na die tyd. MAAR, ek kla nie by die base nie. Dit sal my net 'n klikkie-bek ook maak. So ek praat met van my kollegas, maar my een kollega (en ek gaan nog 'n laaaang post oor haar doen) is lief daarvoor om na die base toe te hardloop met alles en gaan sê gewoonlik vir hulle. Dan voel ek so shit man. En elke keer sê ek vir myself ek gaan haar NOOIT WEER enige iets vertel nie, maar dan vergeet ek of sy't 'n manier om as iemand vir haar iets gemention het, dan vra sy vir my vrae en sy hou aan totdat sy die storie gehoor het wat sy wil hoor van my. Plus dit moeilik om dit vir haar weg te steek, want ons werk in dieselfde kantoor. Maar anyway, dis 'n ander post daardie.

Reg, so terug by ek wat fake en selfsugtig is:

Joh, ek lag partykeer vir myself as ek sien hoe selfsugtig ek is.
Ek dink so baie van myself dat elke post of facebook, of elke conversation wat "hush-hush" gedoen word, mos oor my gaan. Mense het niks beter om te doen as om heel dag aan my te sit en dink nie, ens. ens.
Mense sit heeldag en dink hoe hulle my lewe dalk hel kan maak, of sit en analiseer alles wat ek dalk in conversation opgebring het en sê ek lieg. Of mense maak rumours op van my en versprei dit. LOL, Dis eintlik pateties..
Wat my die meeste frustreer is dat ek weet ek is hoe ek is, maar ek weet nie hoe om dit te verander nie. Ek probeer wel om nie fake te wees nie, maar dis nou al so ingeprogrammeer dat ek dit nie kan help nie. En, soos in 'n vorige post gemention, is ek so bang dat ek reject gaan word (ja, selfs deur jou van wie ek nie hou nie) as ek my eie opinies lig of so, dat ek nie kan help om saam te stem met alles wat jy sê of om fake met jou te wees nie.
Ai, dis moeilik.