Tuesday, June 24, 2014

Voel normaal vandag...

Daar is party dae wat ek so normaal voel , niks worries, niks paranoia ens.
Ek wens dit kan altyd so wees... ek probeer uitfigure wat die verskil is tussen dae wat ek fantasties voel en dae waar die paranoia vreeslik erg is. As ek 'n "trigger" kan identifiseer sal dit awesome wees, dan kan ek actually self iets daaromtrent doen?

Ek weet daar is mense wat my nie glo oor my mental situasie nie, maar op dae soos vandag gee ek net nie 'n hel om nie, EK weet wie en wat ek is en fuck the rest. Nou wens ek ek kan altyd so wees.
'n Goeie quote wat ek gelees het kom by my op : "Worry less about your reputation and more about your character, because your reputation is who other people think you are and your character is who you really are" Ek is nou net nie seker wie dit gesê het nie. Ek dink op my "af" dae moet ek dit net oor en oor vir myself sê.

No comments:

Post a Comment