Thursday, June 26, 2014

Alweer..

Okay, so gister was fine en vanoggend was fine, en toe gebeur daar iets wat my laat dink het ek het 'n fout gemaak, maar toe draai dit uit ek het nie - en toe skop die paranoia weer in.
Nou is ek vasbeslote niemand by die werk hou eintlik van my nie en dat hulle agter my rug praat en dat die base planne maak om ontslae te raak van my.. Maar tog maak dit ook nie sin vir my nie, ek wil dit nie glo nie want almal is soooo super awesome. Ek weet die paranoia gaan weer oorwaai, maar damnit man... dit suck..

Tuesday, June 24, 2014

Voel normaal vandag...

Daar is party dae wat ek so normaal voel , niks worries, niks paranoia ens.
Ek wens dit kan altyd so wees... ek probeer uitfigure wat die verskil is tussen dae wat ek fantasties voel en dae waar die paranoia vreeslik erg is. As ek 'n "trigger" kan identifiseer sal dit awesome wees, dan kan ek actually self iets daaromtrent doen?

Ek weet daar is mense wat my nie glo oor my mental situasie nie, maar op dae soos vandag gee ek net nie 'n hel om nie, EK weet wie en wat ek is en fuck the rest. Nou wens ek ek kan altyd so wees.
'n Goeie quote wat ek gelees het kom by my op : "Worry less about your reputation and more about your character, because your reputation is who other people think you are and your character is who you really are" Ek is nou net nie seker wie dit gesê het nie. Ek dink op my "af" dae moet ek dit net oor en oor vir myself sê.

Thursday, June 19, 2014

Paranoia go away, don't come back another day..

Ai, ek is regtig moeg hiervoor.
En ek weet al wat ek moet doen is om 'n psychologist te gaan sien, maar dis te vrek duur. Kannie nou bekostig nie, so ek worstel met myself.
Gelukkig is daar baie online support en forums en my man is amazing met my. Dis darm een persoon wat werklik verstaan, al frustreer ek hom ook partykeer met al die onnodige kak.


Wanneer mens kak voel

Ek voel vanaand ongelooflik paranoid..

Ek is so bang mense dink ek is 'n manipulerende klein bliksimpie en dat hulle beplan om my met my eie game te beat en sulke goed. Selfs soos wat ek hierdie skryf, is ek bang iemand kom daarop af en dink dis maar net nog 'n manipulasie van my deur te skryf oor hoe bang ek daaroor is ens ens, kringloop..

Ek wil gedagtes neerskryf soos dit by my opkom, so hierdie post gaan dalk baie rondspring..

Ek is bang een van my kollegas is kwaad vir my oor iets wat sy by iemand gehoor het oor iets wat ek oor haar gese het, maar die ding is ek het NOG NOOIT iets slegs van haar spesifiek gese nie, en die met wie ek wel 'n probleem het, sou ek ook nooit op die naam noem nie, want dis net plein disrespekvol? En wat het dit tog met ander mense te doen? Hier op die blog voel ek meer vry om te se presies wat ek dink, maar ek weet niemand lees dit nie, so dis maar pretty much my diary..
Ek het vroeer vir haar gevra om asseblief vir my te se as sy 'n probleem met my het, maar sy't net gese nee sy het nie. Maar dit voel vir my asof sy boodskappe vir my wil stuur deur die goed wat sy op Facebook eweskielik share (ja, ja ek weet dis dalk kinderagtig, maar ek kannie help hoe ek voel nie). Goed soos 'n Meme wat gaan oor hoe jy lyk as iemand lieg in jou gesig maar jy weet die waarheid, en mense wat gewoonlik worry oor wat ander mense dink is die mees ongelukkigste en 'n oop status update wat so iets gaan : As ek en jy beef met mekaar het, kom praat met my maar moenie met ander daaroor praat nie. So iets, ek't nou nie 100% aangehaal nie.
En dis weird want sy weet die goed raak my, en die tye wat dit gepost word is tye wanneer sy defnitief sou weet ek is online.. arrrr ek haat hierdie situasie, want ek weet nie of dit so is en of dit alles in my kop is nie.
Ek kannie dink wat ek moontlik kon verkeerd doen nie? Ek het nognooit vir enige iemand oor haar frustrasies met die base vertel nie, want sy't my gevra om niks te se nie. so dit kannie dit wees nie. Gewoonlik as iemand sleg praat van haar, dan probeer ek vir haar opkom (soos ek vir enige iemand vir wie ek omgee sal probeer opkom as hulle dit nie verdien nie, dit geld vir meeste van my kollegas!). So dit kan ook nie dit wees nie.
Ek het niks vir die nuwe meisie gese van hoe hulle gekla het dat sy nie haar werk doen nie. So dit kan ook nie dit wees nie. Nou WAT? Want iets is defnitief af. Sy kannie sommer haar gevoelens goed wegsteek nie, en haar attitude teenoor my het regtig kouer geraak vandat ek hierdie posts begin sien het.. Baie weird, en ek wens iemand wil net vir my se..

Ek is bang mense dink ek lieg en bedrieg en besteel mense. Maar ek probeer regtig so eerlik as moontlik lewe, en as ek vir jou jok is dit om jou te beskerm of om myself te beskerm teen judgement. En as ek iets regtig ergs verkeerd gedoen het , en jy konfronteer my, sal die waarheid altyd uitkom, om te ewe van hoe bang ek vir judgement is want dan sal my gewete my net opvreet en dis erger, dink net hoe erg gaan dit wees as my gewete my selfs nou pla waar ek nie eers weet wat ek gedoen het nie?

Ek is bang mense dink ek wil al die power he by die werk, en dat ek almal wil uitwerk daar.
DIT IS GLAD NIE SO NIE? Die vir wie ek al oopgemaak het en gereelde conversations mee het, is ek SO mal oor, hulle voel al amper soos famielie (is dit creepy?). Ek kannie vir beter werksomtandighede gevra het nie. Almal is genuinely nice mense self die manne met die attitude..

Ek is bang mense hoor rumours oor my wat nie waar is nie en bespreek dit dan onder hulle self, glo summier die rumours selfs al ken hulle my goed, en dink ek is 'n slegte mens. Dit voel gereeld vir my asof mense stil raak wanneer ek in die omtrek is.

Al hierdie goed kan tog nie alles in my verbeelding wees nie?
Ek hoop dit is.. En ek wens ek kan net ophou worry. Ek wens my Ego was nie so groot dat ek dink alles gaan oor my nie.
Miskien is die beste om maar net van nou af my bek te hou. Speak when spoken to and only say the necessary. No more, no less. Ek weetie... :(