Tuesday, May 13, 2014

Universe

Okay Universe, jy't gesĂȘ ek moet goed neerskryf, so here goes:

Eerstens, baie baie dankie dat jy altyd luister . . .
Toe ek met jou gepraat het oor my paranoia en hoe ek wens ek was normaal, laat jy my net 1 nagrus wag om 'n post te sien op facebook van iemand wie se goed omtrent nooit op my newsfeed verskein nie, wat gaan oor introverte en toe besef ek dat ek wel normaal is en dat daar ander soos ek moet wees as daar dan 'n hele artikel daaroor is. Ek is skoon huilerig so verlig is ek. So thanks daarvoor.

Ek is omring deur 'n klomp ekstroverte. Omtrent almal in my lewe is. Hulle verstaan my nie, en al doen hulle dit nie aspris nie, is hulle deel van die rede hoekom ek soos 'n freak voel en skuldig voel oor my persoonlikheid en wie en wat ek is. My volgende wens is dat hulle almal daai artikel kan lees en net kan verstaan dat daar niks fout is met hoe ek die lewe aanpak nie. Dit is dalk anders as hulle manier, maar albei maniere het dieselfde doel. So wat maak dit nou eintlik saak?
Jy dink miskien dat ek nie my man se gigs bywoon nie omdat ek jaloers is op die nuwe vroulike bass speler (en sy is pragtig), waar dit ABSOLUUT niks daarmee te doen het nie? WTF. Ek hou net nie van so baie commotion, geraas en mense om my nie.
Jy dink miskien dat ek nie van jou hou nie omdat ek nie alles oor jou ma, pa, boetie, sussie, ouma, tannie se niggie of skoonboet wil hoor nie, maar eintlik is ek net nie 'n fan van al die gepratery in general nie en jy moet besef dat jy die ekstrovert is en dat jy besig is om al die energie uit my uit te suig. 
Jy dink miskien ek is so sad en alleen en dat my wereld suck omdat ek verkies om nie my verjaarsdag te vier met 'n moerse party en aankondiging aan die wereld nie, maar eintlik is ek gelukkiger as ooit op my verjaarsdag wanneer ek dit rustig kan celebrate op my eie met slegs my heel naastes by my. Ek haat inelkgeval al die aandag - almal wil met jou praat en fake smiles gee omdat dit jou verjaarsdag is. Hoekom?

En so kan ek aangaan.
So thank you so much Universe, for understanding me and helping me cope.

No comments:

Post a Comment