Monday, February 24, 2014

Wees jouself... maar moenie...

Meh.
Ek is so gatvol vir nie myself wees nie (of eerder - mense wat dink ek is nie myself nie).
As ek alleen is, kan ek myself so goed op-psych. Ek deurdink mos 'n ding tot die fynste, soos in 'n storie boek, en probeer net die goeie te imagine. Dan is dit soos : Ja, volgende keer gaan ek defnitief nee se as ek nee bedoel, ek gaan nie net saam stem met jou omdat ek bang is jy gaan my judge en agter my rug praat as ek nie doen nie. Ek gaan nie worry nie. If you don't like me tell me, or deal with it, or leave me alone.
En dan.
Stem ek saam met alles.
Urrgh. Dis so frustrerend, want ek kan myself nie stop nie. Ek meen, ek bedoel niks kwaad nie, dit gebeur net. As almal van my hou, sal niemand sleg praat van my nie.
Hoekom is ek so bang vir judgement? Wat is die probleem hier?
Miskien is die probleem die feit dat ek verskriklik self centered is? Yip, daar slat die hammer nou die spyker reg op sy kop. Everything I do, I do for myself, and sometimes for my husband.
En dan is daar tye wat ek dink : So what as ek self centered is? Daar is mense wat baie meer self centered as ek is, en hulle word nie sommer gedjudge nie?
En alhoewel ek nie bedoel om fake te wees nie (want ek raak baie vinnig attached aan mense, en al "act" ek fake om hulle, is ek nie. ). As ek met enige iemand praat, is my bedoelinge genuine. Alhoewel ek regtig nie judgement kan hanteer nie (en ek weet dis human nature) is die urge om terselfdetyd jou genuinely op jou gemak en gelukkig te maak, net so groot.